Vi' Adam Small

Vi' Adam Small - 'n Digbundel
Subtitel: 
'n Digbundel
ISBN: 
978-0987038838
Prys: 
R 159.00
Die CD bevat die volgende: 1. Die klankopname van die Versindaba 2011-program “Vir Adam Small”. 2. Iris Bester se ATKV-bekroonde hoorbeeld Adam Small 75. Volgens die beoordelaars se kommentaar is dit “een van die beste hoorbeelde wat nog ooit uitgesaai is. ’n Ongelooflike goed saamgestelde beeld van een van Afrikaans se belangrikste digters en dramaturge. [...] Met behulp van sy eie stemopnames uit die argief en bydraes van sy kollegas en vriende, word ons deel van die wêreld van die filosoof en skrywer, akademikus, maatskaplike werker en diepgelowige Adam Small”. 3. Opnames uit die SAUK se klankargief waar Adam Small meer as 20 van sy eie gedigte voorlees. Dit is tussen 1966 en 1992 opgeneem. Hy het goedgunstelik ingestem om spesiale kommentaar te lewer oor die bundels waaruit dit kom. Enkele van die gedigte is ongepubliseer. Die medewerkers aan die bundel en CD is: Melt Myburgh, Danie Marais, Margot Luyt en Iris Bester.

RSG in samewerking met die US Woordfees bring in die jaar

waarin Adam Small die Hertzogprys ontvang, hulde aan hom

met die gedenkbundel en CD Vi’ Adam Small.

Die gedenkbundel is die resultaat van ’n ope uitnodiging

aan digters om vir Adam Small ’n gedig te skryf vir sy 75ste

verjaardag. Drie en twintig digters het reageer en dit is by die

Versindaba 2011 op Stellenbosch deur die digters voorgelees.

Plaas kommentaar