| Direkte verkope | |
| Tel: | 0861 668 368 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
| Kleinhandel | |
| Tel: | (021) 918 8820 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
André W Diederichs
André is 'n deurwinterde kenner van die sakewêreld, veral van klein en medium besighede, "franchises" en familiebesighede. Oor dié onderwerpe tree hy dikwels op by konferensies en werkwinkels. Hy tree gereeld op as gasspreker voor plaaslike en oorsese gehore van kleinsake-eienaars en bestuurders, MBA-studente, asook in radio- en TV-programme oor onderwerpe soos "Lesse uit die natuurlewe vir entrepreneurs" ('n televisiereeks), Besigheidsetiek, Entrepreneurskap, Globalisasie, Swart ekonomiese bemagtiging.
André Diederichs het aan die Tswane-Universiteit van Tegnologie 'n Meestersgraad in Bemarking behaal, was in 2006-2007 nasionale voorsitter van die Afrikaanse Handelsinstituut se Kamer vir Handel en Nywerheid, en is lid van die regering se Kleinsake-Adviesraad. Hy is nie net bekend as artikelskrywer vir koerante en saketydskrifte nie, maar het ook al vyf boeke gepubliseer, onder meer Manage Family in your Family Business, People versus Profit en Besigheidsoerwoud/Business Jungle.
In sy boek Besigheidsoerwoud het André die analogie tussen natuur en oorlewing van die mens in die besigheidswêreld ryklik geïllustreer. In Veldwysheid gaan hy verder en ondersoek die mens se gedrag in die besigheidswêreld. Die mens is tog 'n denkende sowel as morele wese wat keuses moet maak tussen reg en verkeerd. André glo dat sake-etiek en integriteit die resep vir lantermyn oorlewing is en dat gesonde sakebesluite ʼn moreel ferm sakebewussyn vereis.
Ons wortels is in die natuur en ons lewe van haar vrugte. In Veldwysheid gaan besoek André Moeder Natuur vir wysheid om haar eeue oue wette te verstaan en verder te leer hoe om goeie besigheidsverhoudings te skep en te handhaaf en om ‘n harmonieuse balans te skep tussen die belange van ons besigheid en ander belangegroepe in die samelewing. André glo dat ons denke ons uiteindelike resultate bepaal, want dit wat ons dink word ons woorde en dade, en later gewoontes, wat weer lei tot resultate.
Plaas kommentaar