| Direkte verkope | |
| Tel: | 0861 668 368 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
| Kleinhandel | |
| Tel: | (021) 918 8820 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
Amore Bekker se stem word al vir die afgelope 20 jaar in ons huise gehoor. Sy was by streekradiostasies in die Wes- en Oos-Kaap betrokke en is sedert 2007 by RSG waar sy op weeksdae Tjailatyd tussen 3 en 5 nm. aanbied. Amore het al verskeie toekennings vir haar uitsaaiwerk van die ATKV gekry en in 2010 word sy as die luisteraars se gunsteling-aanbieder aangewys. Tjailatyd is 'n huistoeryprogram wat mense se batterye vir die aand herlaai met lekker musiek, interessante praatjies, speletjies, en dan die hoogtepunt van die program so net voor 5 uur – tjailaresepte!
"Ek praat myself en die luisteraars so honger, die minste wat ek kan doen, is om hulle huis toe te stuur met 'n idee vir aandete!"
In Tjailaresepte is die RSG-luisteraars aan die woord met praktiese, watertandresepte vir elke dag van die week. Dit wissel van ou familiegunstelinge tot moderne kitsresepte wat alledaagse bestanddele gebruik wat in jou koskas is.
Plaas kommentaar