| Direkte verkope | |
| Tel: | 0861 668 368 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
| Kleinhandel | |
| Tel: | (021) 918 8820 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
As ek die mensheid so betrag is daar 'n paar vrae wat ek myself sporadies afvra: die eerste is hoekom een persoon 'n groot sukses van sy lewe maak terwyl 'n ander met dieselfde agtergrond en geleenthede, nie die bevrediging van ’n suksesvolle lewe smaak nie?
Die tweede wat ek myself afvra, is waarom soveel mense wat groot terugslae en teenspoed ondervind, daarna hulle lewens met groter doelgerigtheid en deursettingsvermoë aanpak as voor die onbenydenswaardige insidente?
Hierdie boek word dan ook opgedra aan die jeug in die algemeen - hulle wat nog nie vir hulle 'n moontlike lewenspad uitgekarteer het nie - asook daardie persone wat in 'n innerlike stryd gewikkel is as gevolg van rampspoed en teenspoed wat hulle reeds op hul pad ondervind het.
Plaas kommentaar