| Direkte verkope | |
| Tel: | 0861 668 368 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
| Kleinhandel | |
| Tel: | (021) 918 8820 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
ST Potgieter is ‘n Sielkundige met wye ervaring. Hy het sy Meestergraad in Kliniese Sielkunde. Sy belangstelling in die breër aspekte van Sielkunde soos leerprobleme by kinders, beroepstoetsing en loopbaanaspekte noop hom om ‘n internskap in die Opvoedkundige Sielkunde te deurloop.
Ons almal droomdaarvan om uit die ashope, uit die ellende en hartseer van die lewe op te staan. Die werklikheid en die statistieke dui egter darop dat mense vandag vasgevang sit in hul mislukkings, hartseer, pyn en telerustellings. ‘n Swak selfbeeld en vrese hou mense terug om hul volle potensiaal te ontgin.
Hoe kan jy dit voorkom en ook opstaan vir jouself wanneer dit gebeur? Die antwoord is: lees Staan op vir Jouself en volg die advies en riglyne. In hierdie boekie sal jy op ‘n praktiese, nie-nonsens manier en sonder die gebral van spogwoorde ‘n gids vind om jou drome te herwin en vir jouself op te staan.
Dit het tyd geword om die juk van vernedering, seerkry en mislukking af te skud, jou drome te vind en jou eer te herstel. Dit het tyd geword vir die ontwaking van jou siel, liggaam en gees.
Plaas kommentaar