| Direkte verkope | |
| Tel: | 0861 668 368 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
| Kleinhandel | |
| Tel: | (021) 918 8820 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
Eugene Kemp
Flieks, stories, songs en sulke dinge is ʼn opvolg van die suksesvolle Brekfis met die Shrink.
RSG se getroue luisteraars sien Saterdagoggende uit na Derrich se brekfisprogram. Dit is ʼn heerlike vol ontbyt met baie spek en eiers, worsies, roosterbrood met kaas en konfyt en heerlike stomende koffie. Sonder die shrink se bydrae is dit egter ʼn afgewaterde brekfis.
Eugene Kemp se baie luisteraars wat noodgedwonge sy klets miskien een Saterdagoggend met Derrich moet misloop, sal Flieks, stories, songs en sulke dinge verwelkom want nou kan hulle dit lees. Eugene het nou luisteraars én lesers.
Hierdie is 'n tydlose boek wat klassieke verhale en flieks saamsnoer in sketse waaruit ons lewenslesse kan leer:
Daar is 26 sketse, moet dit net nie vinnig met eenslag verorber nie, maar lees dit proe-proe en stadig – laat dit soos Vianne se sjokolade in Chocolat stadig in jou mond smelt.
Flieks, stories, songs en sulke dinge is ʼn kultuurervaring, ʼn laat-jou-goed-voel boek. Die stories en flieks word toegelig met paslike gedigte en songs. Eugene se liefde vir sy gesin, Daisy sy Jack Russel, maar bo-al vir God loop soos ʼn goue draad deur die boek.
Flieks, stories, songs en sulke dinge is soos ʼn besoek aan Eugene se spreekkamer – dit laat jou beter voel en gee jou meer insig van jouself en ander mense.
Plaas kommentaar