| Direkte verkope | |
| Tel: | 0861 668 368 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
| Kleinhandel | |
| Tel: | (021) 918 8820 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
Géén huwelik of verhouding is heeltyd gelukkig en sonder konflik nie. Die idee dat jy saam met die "regte" persoon ewigdurende geestelike en seksuele geluk sal ervaar, het meer met feeverhale en ons moderne samelewing se obsessie na 'n bestaan sonder enige pyn, as met die werklikheid te make.
Die waarheid is dat alle verhoudings deur seisoene gaan – tye van groot en intense vreugde, afgewissel met tye (of dit 'n uur is of 'n maand of langer) van verwydering en ontnugtering. Die uitbundige somer word gevolg deur 'n koue winter.Seisoene van Seks praat baie reguit en op die man (en vrou!) af oor seksuele probleme wat ook in gesonde verhoudings kan voorkom.
Hierdie probleme kan 'n verhouding baie seer maak en somtyds selfs breek. Dit voel asof dit winter in die verhouding geword het, maar met professionele hulp van buite én harde werk deur beide persone, kan dit beslis weer lente word – met 'n nuwe, beter, sterker verhouding!
Plaas kommentaar