| Direkte verkope | |
| Tel: | 0861 668 368 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
| Kleinhandel | |
| Tel: | (021) 918 8820 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
Padlangs tot in Londen is 'n reisjoernaal wat deur Andri en Rian du Toit geboekstaaf is oor 'n reis met hulle Land Cruiser wat vanaf die mees suidelike punt in Afrika, Kaap Agulhas, tot die mees noordelike punt, Cap Blanc, gestrek het. Daarvandaan is hulle met ʼn veerboot oor na Italië, toe deur Europa en met die Eurotonnel na Brittanje waar die reis afgesluit is. Wat hierdie toer anders as gewone toere maak, is dat hulle dit op hulle eie aangepak het en hulle twee kinders onder tien jaar saamgeneem het.
Ondanks vrees vir siektes soos malaria en bilharzia vir hulle twee jong kinders was daar deur die hele toer van 162 dae en 30 000 kilometer net twee pap bande gekry en geen siektes nie!
Padlangs tot in Londen is ʼn handboek vir mense wat beplan om dieselfde toer te onderneem – dit is propvol inligting: verblyfplekke, roetes, slaggate (denkbeeldig en eg), wisselkoerse, hoe belangrik die Carnet de Passage is, wat om te doen om nie omkoopgeld te betaal nie en vele meer.
Dit is nie net ʼn goedgedokumenteerde reisjoernaal hierdie nie, dit is onderhoudende leesstof, en as dit die leser nie inspireer om dieselfde roete aan te pak nie, dan is dit ʼn lippe aflek-boek vir die stoelpatat wat in die gees saamtoer.
Plaas kommentaar