Message flagged
Thursday, November 10, 2011 2:58 PM
Baie jare gelede het iemand gesê: “Dream your dreams, but hold your vision” Dit het ‘n groot indruk op my gemaak en ek kon dit tot vandag nie vergeet nie. Min het ek geweet dat toe ek gedurende 1987 vir Karin le Roux, wat ‘n Goddelik-begaafde kunstenaar en illustreerder van boeke is, vra om vir my tekeninge van die belangrikste uitstaande stories van die Bybel te begin maak, dat dit uiteindelik in boekvorm sou land soos dié een wat jy nou in jou hand vashou. Met tussenposes gedurende die afgelope 24 jaar is al die hoofprente van die Ou en Nuwe Testament klaar geteken plus ‘n groot aantal strokiesprente soos hierdie verhaal van Josef. Uiteindelik sal al hierdie Bybelstories in strokiesprentboekies verskyn en tussendeur die geheel Bybel in verskeie volumes, weereens met al die prente daarin. Hierdie projek “Kinders NA die Lig”, is in God se hart gebore, en vir ons gegee as ‘n droom. Die visie is om kinders van oraloor daarmee in hul eie “kinderprentjietaal” te bereik en om hulle so aan Jesus Christus voor te stel.
Plaas kommentaar