| Direkte verkope | |
| Tel: | 0861 668 368 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
| Kleinhandel | |
| Tel: | (021) 918 8820 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
Ester Steyn
Ouers het altyd soveel vrae oor hóé hulle hul kind moet opvoed. Wat is die regte manier om jou kind te dissiplineer? Is ek ʼn goeie ouer? Wanneer moet ek my kind van seks vertel? Kinderkrag – gee jou kind vlerke beantwoord hierdie belangrike vrae.
Kinders word nie met dissipline gebore nie. Ook nie met ʼn goeie selfbeeld nie. Dit moet gekweek word, en daarvoor moet ons as ouers sorg”, skryf Ester Steyn, onderwyser en aanbieder van Kinderkragseminare, in haar boek Kinderkrag – gee jou kind vlerke.
Dié boek is ook onder meer propvol wenke oor goeie kommunikasie, seksvoorligting, jou kind se eerste skooldag, die verskil tussen skoolrypheid en skoolgereedheid, en belangrike gevaartekens van verkragting en molestering.
Weet jy watter tipe ouer jy is? Met Kinderkrag kan ouers ook maklik bepaal watter soort ouer hulle is. Ouers wat sê: "Jy maak so omdat ek so sê!" is 'n tipiese outoritêre ouer wie se kind op die oog af soet en inskiklik lyk, maar so ʼn kind gaan dalk later probeer wegbreek. Ouers wat hulle kinders toelaat om “vry” te wees en wat glo hulle moet self ontwikkel maak hulle skuldig aan kinderverwaarlosing in die ergste graad, en is ʼn permissiewe ouer. Die begrypende ouer besef sy kind het rigting en leiding nodig, maar leer hul ook van kleins af wat reg en verkeerd is om hulle eie besluite te maak.
Die boek sal jou help om vir jou kind vlerke te gee.
Plaas kommentaar