| Direkte verkope | |
| Tel: | 0861 668 368 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
| Kleinhandel | |
| Tel: | (021) 918 8820 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
Suze Orman
Benodig jy ʼn reddingsbaadjie in die ekonomiese storms van resessie?
Ons almal is op die oomblik effens benoud oor ons finansiële situasie. Of jy nou oud of jonk is, ʼn groot neseier het of tot dusver rustig op Skuldbult gewoon het, álmal moet kennis neem van Die wette van geld van Suze Orman.
Enkele maande gelede het skokgolwe deur die wêreld getrek toe die supermoondhede Amerika en Brittanje aangekondig het dat hulle amptelik in resessie is.
Duisende Amerikaners en Britte het hulle werke verloor, groot en ryk banke is bankrot verklaar en die eens magtige moondhede is tot op hulle knieë gedwing as gevolg van een klein niksseggende woord – skuld. Wat voorheen die banke skatryk gemaak het, het hulle op die ou end tot ‘n val gebring. Dit was net ‘n kwessie van tyd voor dieselfde lot Suid-Afrika sou tref.
Vandag is Suid-Afrika ook amptelik in resessie en het duisende mense reeds hulle werke verloor en word daar gevrees dat nog duisende mense op straat gaan sit.
Almal weet dat hulle elke sent moet twee keer omdraai. Almal weet hulle moet nie skuld maak nie en die wat skuld het, weet hulle moet dit afbetaal. Maar waar begin ʼn mens? Hoe betaal jy skuld af as jy nie eers ‘n inkomste het nie? Hoe voorkom ek skuld en ís alles deesdae so onbekostigbaar is?
Suze Orman, wat dikwels finansiële raad op Oprah gee, se jongste boek Die wette van geld help jou nie net om skuld by die groeiende horings te pak en uit die diep, donker gat van skuld te kom nie, maar Orman se wette help jou ook om die slaggate van skuld te vermy, óf te laat besef jy moet dringend iets doen:
Sodra jy hierdie 5 wette van geld begin toepas, sal jou finansiële lewe onmiddellik begin verbeter. Die wette van geld sluit ook ‘n waardevolle werkboek in wat jou help om al vyf wette prakties in jou lewe te begin toepas soos:
Nadat jy die werkboek voltooi het, sal jy in staat wees om jou finansiële situasie te ontleed; sal jy ’n duidelike besef hê wat om met jou geld of jou skuld te doen en sal jy maatreëls kan tref om jou finansiële probleme van ‘n punt aan te pak te oorkom én voortaan te vermy. Hierdie boek is tegelyk diepsinnig en prakties en sal jou uit enige finansiële verwarring of verlamming skok en vir altyd jou verhouding met geld verander.
Die boek het nie verniet die topverkoperlys in die New York Times gehaal nie. Suze word deur en deur geag as dié persoon wat praktiese en kundige raad gee aan mense wat graag vooruit wil beweeg met hulle finansies.
Die wette van geld is Suze Orman se eerste boek in Afrikaans en is ‘n noodsaaklike reddingspakket vir elke huisgesin om die baie moeilike ekonomiese tyd waarin ons vandag leef nie net te oorleef nie maar ook te kan floreer.
Of jy jonk of oud is, of jy al ’n mooi neseier weggebêre het en of jy toegegooi is onder skuld – as jy ernstig oor jou geld en jou lewe is – móét jy van hierdie 5 wette van geld kennis neem.
Plaas kommentaar