| Direkte verkope | |
| Tel: | 0861 668 368 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
| Kleinhandel | |
| Tel: | (021) 918 8820 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
Dawie Smith is wyd bekend as ’n baanbreker in die wetenskaplike fundering en uitbouing van persoons- en verhoudingsontwikkeling. Hy was die stigter van universiteitsgrade in Persoonlike, Interpersoonlike en Professionele Leierskap aan die RAU en later die Universiteit van Johannesburg.
Hy bied publieke en korporatiewe kursusse aan in persoonsontwikkeling, temperamentontleding, totale welstand, spanbou, huweliks- en gesinsverryking en vele meer. ’n Reeks praatjies wat Dawie Smith saam met Minnette Dempsey in 2010 oor RSG aangebied het, het soveel belangstelling uitgelok dat dit aanleiding gegee het tot die samestelling van hierdie boek. Meer as 1 000 eposse is in die proses persoonlik beantwoord.