| Direkte verkope | |
| Tel: | 0861 668 368 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
| Kleinhandel | |
| Tel: | (021) 918 8820 |
| Web: | www.onthedot.co.za |
André Diederichs
'n storiebenadering oor hoe om te oorleef in 'n globale ekonomie vir KMMO’s
KAAPSTAD. – Die kleinsakekenner, bekende openbare spreker en media persoonlikheid, André Diederichs, stel nou sy uitgebreide kennis beskikbaar in 'n nuwe boek vir entrepreneurs en sleutelbesluitnemers, waarin hy hulle uitdaag oor die manier waarop hulle besigheid doen en hoe hulle daaroor dink.
Diederichs glo dat die KMMO-sektor in hierdie land nog in sy kinderskoene staan en dat, met die regte ondersteuning, dit die potensiaal het om een van die groot dryfvere in die Suid-Afrikaanse ekonomie te word. Ter ondersteuning van sy ideaal, bring hy die leser in BESIGHEIDSOERWOUD terug na die basiese funksies van besigheid en ondersoek hy die grondliggende aspekte oor hoe om klein- en medium besighede suksesvol te bestuur met die hulp van lesse uit die natuur.
BESIGHEIDSOERWOUD is 'n samevatting van Diederichs se skerpsinnige vermoë en fyn waarneming van besighede en sy entoesiastiese bewondering vir die natuurlike wêreld, waarin hy die essensie van Afrika se trots vasvat en dit van toepassing maak in die praktiese lesse van die besigheidswêreld.
In hierdie 95-bladsy, sagtebandboek, wat meer soos 'n verhaal as 'n goeie besigheidsgids lees, deel Diederichs sy kennis, wat oor dekades opgedoen is, op 'n openhartige manier, nie net om entrepreneuers te inspireer nie, maar ook om aan hulle 'n rykdom van inligting te verskaf wat hulle met sukses in hulle ondernemings kan toepas.
In BESIGHEIDSOERWOUD ondersoek die outeur die supersintuie en gedrag van diere, die ritme in die natuur se siklusse en hoe die oorlewing van die sterkste in vandag se besigheidsoerwoud 'n nuwe betekenis in 'n veranderende besigheidsomgewing kry.
Diederichs gaan voort: "Die natuur leer ons belangrike lesse, nie net om te oorleef nie, maar ook om te floreer in 'n steeds toenemende, kompeterende en globale besigheidsomgewing! Die instinktiewe gedrag van diere in hulle natuurlike omgewing, bied aan entrepreneurs 'n onskatbare bron waaruit geput kan word."
As noodsaaklike leesstof vir alle voornemende bestaande entrepreneurs, bied BESIGHEIDSOERWOUD 'n unieke en vars benadering tot sleutelfaktore om sukses te behaal in 'n globale besigheidsomgewing. Hier is verhale en stories uit die hart van die natuur in Afrika, wat belangrike toepassings bied aan suksesvolle ondernemings.
Diedrichs gaan verder: "Om die gedrag van diere in 'n besigheidskontekts te verstaan was vir my 'n opwindende reis, waar ek veelvuldige toepassings ontdek het. Hierdie lesse kan toegepas word op alle aspekte van die lewe en ek glo dat, wanneer ons die tyd afstaan om na te dink oor die eienskappe van hierdie waarlike unieke diere en hulle ook selfs na-doen, ons nie net sukses in ons besigheid sal behaal nie, maar ook in ons lewens."
Plaas kommentaar