Andeline Williams-Pretorius

Agter Andeline Williams-Pretorius lê ’n harde, moeilike geskiedenis, maar niks kon dié klein mensie keer om die stuurman van haar eie skip te word en sukses te behaal nie. Haar hopelose selfbeeld, aktiewe verwerping deur ander en uiterste woede het sy deur boeke, gesprekke met kundiges en volgehoue innerlike werk te bowe gekom tot sy vandag ’n vrou met selfvertroue is, een wat nie vir uitdagings terugdeins nie en wat altyd soek na geleenthede om haar insigte met ander in noodsituasies te deel.