Blogs

QI XZ OK

Staan op vir jouself

ST Potgieter is ‘n Sielkundige met wye ervaring.  Hy het sy Meestergraad in Kliniese Sielkunde.  Sy belangstelling in die breër aspekte van Sielkunde soos leerprobleme by kinders, beroepstoetsing en loopbaanaspekte noop hom om ‘n internskap in die Opvoedkundige Sielkunde te deurloop. 

Business Jungle

Lessons from nature for the Entrepreneur   André  Diederichs

- a novel approach to surviving in a global economy for SMMEs

CAPE TOWN. - Small business guru, and well-known public speaker and media personality, André Diederichs brings his extensive knowledge to the fore in a new book for entrepreneurs and key decision makers that challenges the way they think about and do business. 

Verhoudings

Verhoudings deur Riekert Botha gaan oor die belangrikste ding in die lewe –  Riekert skryf dit is die “kern” van die lewe. Dit gaan oor alle verhoudings: hoe om teenoor mense op te tree wat skade aan my berokken het, diegene wat van my verskil, hulle wat die oorsaak van gebroke verhoudings is. Riekert sê verhoudings is moontlik want ons is gemaak na God se beeld en daarom waardevol in sy oë.

Die boek het twee dele: die eerste deel handel oor verhoudings in die algemeen en die tweede oor persoonlike verhoudings.

Besigheidsoerwoud - Lesse uit die natuur vir die Entrepreneur

André  Diederichs

'n storiebenadering oor hoe om te oorleef in 'n globale ekonomie vir KMMO’s

KAAPSTAD. – Die kleinsakekenner, bekende openbare spreker en media persoonlikheid, André Diederichs, stel nou sy uitgebreide kennis beskikbaar in 'n nuwe boek vir entrepreneurs en sleutelbesluitnemers, waarin hy hulle uitdaag oor die manier waarop hulle besigheid doen en hoe hulle daaroor dink.

Veldwysheid

André W Diederichs

Seisoene van Seks

Leandie Buys

Leandie Buys se boek, "Seisoene van Seks" is so welkom soos 'n koel briesie op 'n versengende warm dag.  In 'n tyd waar baie mense reken dat niemand hulle iets oor seks kan leer nie en ander weer te skaam is om te erken dat hulle eintlik niks van seks verstaan nie, is dit verfrissend om ’n boek te lees wat reguit, ondubbelsinnig, op die man en vrou af met mense oor seks gesels.

Veerkragtigheid: Gebou om te hou!

Het die lewe jou 'n kishou toegedien? Is jy moeg geswoeg of doodverveeld? Omvou die donkerte jou gemoed? Neem dan jou veerkragtigheid terug – die innerlike dinamo wat jou energievlakke en optimisme opwek sodat jy kan strek tot hoër hoogtes!

Shrink-Stories

Eugene Kemp

Flieks, stories, songs en sulke dinge is ʼn opvolg van die suksesvolle Brekfis met die Shrink.

RSG se getroue luisteraars sien Saterdagoggende uit na Derrich se brekfisprogram. Dit is ʼn heerlike vol ontbyt met baie spek en eiers, worsies, roosterbrood met kaas en konfyt en heerlike stomende koffie. Sonder die shrink se bydrae is dit egter ʼn afgewaterde brekfis.

Kinderkrag – gee jou kind vlerke

Ester Steyn

Ouers het altyd soveel vrae oor hóé hulle hul kind moet opvoed. Wat is die regte manier om jou kind te dissiplineer? Is ek ʼn goeie ouer? Wanneer moet ek my kind van seks vertel? Kinderkrag – gee jou kind vlerke beantwoord hierdie belangrike vrae.

Kinders word nie met dissipline gebore nie. Ook nie met ʼn goeie selfbeeld nie. Dit moet gekweek word, en daarvoor moet ons as ouers sorg”, skryf Ester Steyn, onderwyser en aanbieder van Kinderkragseminare, in haar boek Kinderkrag – gee jou kind vlerke.