Amore is op Burgersdorp gebore en het in Durbanville groot geword. Sy het 'n graad in Drama behaal aan die PUK, toe aan die universiteit van die lewe gaan studeer, en het die wêreld plat gereis.
Agter Andeline Williams-Pretorius lê ’n harde, moeilike geskiedenis, maar niks kon dié klein mensie keer om die stuurman van haar eie skip te word en sukses te behaal nie.
André Diederichs is 'n bekende mediapersoonlikheid, openbare spreker en outeur wat al meer as 400 keer op nasionale TV verskyn het en meer as 1000 sake-artikels en ses boeke gepubliseer het.
Hierdie man praat ons taal! Só sal baie jongmense van Dieter Voigt se eerste en nuwe boek, Ek Dare Jou, sê.
Dieter is nie net ʼn Pasella aanbieder nie. Hy skryf en hy reis en hy doen! Hy lééf in hierdie wêreld saam met (jong)mense.